top of page

Search Results

35 items found for ""

  • MARIUS PRAAT PLAAS – Kyk noord en … plant voort?

    [OORSPRONLIK GEPLAAS IN SUIDERNUUS, 20 MEI 2022] ’n Stukkie wysheid uit ’n ou Amerikaanse spiritual gee hierdie week insig in ’n nuttige stuk planttegnologie. Ons vertel meer oor GPS’e en Moses Hogan. Die GPS-selfstuureenheid op die trekker verseker dat daar nie oorvleueling is nie. Foto's: Marius Swart Daar is baie ruimte in die lewe vir die vae buitelyn, die geleidelike ronding, en ander natuurlike vorms. Maar wanneer dit kom by enige soort handwerk, en hierby sluit ek plaaswerk in, is die reguit lyn ons verstekopsie. In die konteks van ’n saaiplaas is daar baie reguit lyne – dink aan die lyndraad tussen plase, of die drade wat kampe van mekaar skei. Reguit lyne markeer duidelike buitelyne en verseker doeltreffende werk. Om draad te span behels ook ’n fyn sin vir reguit lyne. In die populêre kultuur het ons baie verwysings wat ’n reguit lyn in verband bring met deugdelikheid – dink aan die Engelse spreekwoord oor die “straight and narrow”. In een van my gunstelingstukke koormusiek, ’n verwerking van die spiritual “Hold On” deur die legendariese Moses Hogan, kom hierdie mooi reël voor: “Noah said you lost your track, can’t plow straight and keep a-looking back”. In hierdie konteks gaan dit daaroor dat ’n mens nie oor die verlede moet tob in so ’n mate dat jou lewe by jou verbygaan nie. Dis ook gaaf dat hier ’n landbouverwysing in sit. As jou huidige ploegvoor nie reguit gegooi word nie, het dit met elke volgende ploegvoor ’n uitkring-effek wat uiteindelik veroorsaak dat jou grond nie behoorlik bewerk word nie, jou ploeg onnodig slytasie kry, en jou land sleg lyk. Elke ou hand op ’n trekker het ’n eie geloof gehad oor hoe om reguit te ploeg. Jy kan ’n peil trek tussen die uitlaatpyp en die trekker se neus deur, of jy kies vir jou ’n punt op die horison, of ’n windrigting. En ’n goeie wenk was om altyd die stuurwiel te laat los voor jy omkyk na jou implement toe, sodat jy dit nie onverhoeds draai nie. Die ‘eye in the sky’ Die moderne ekwivalent van al hierdie tegnieke is die gebruik van ’n GPS-ontvanger en -verwerker met ’n outomatiese stuurstelsel op jou trekker. Kyk ’n bietjie as jy weer ’n trekker met ’n planter op die pad of op ’n land sien – is daar dalk op die kajuit se dak ’n ronde ding wat lyk soos ’n myner se hoed of soos ’n paddastoel? Party is wit, ander is geel. Vir diegene wat Star Trek-aanhangers is, sal die antenna dalk lyk soos die skottelgedeelte van een van die Enterprise-tuie. Hierdie ontvanger kommunikeer, nes die GPS in jou motor of selfoon, met verskeie satelliete en bepaal deur ’n ingewikkelde stuk driehoeksmeetkunde die presiese posisie van die trekker op die land. Dit kan dan gebruik word om ’n buitelyn om ’n land te trek, of om perfekte, reguit stroke parallel oor die land heen te maak. Hierdie stroke word “bane”, “snitte” of “vakke” genoem, afhangende van waar in die distrik jy jou bevind. Binne-in die trekker sit tipies ’n skerm waarop daar ingekleur word waar die implement reeds gewerk het. Baie ander inligting kan ook verkry word, soos die grondspoed, die helling, en dies meer. ’n Tipiese GPS-eenheid se skerm in die trekker se kajuit. Foto: Marius Swart Presisie Die grootste voordeel van GPS-toerusting op plaasimplemente is dat dit oorvleueling tussen verskillende werksbane uitskakel. Dit beteken dat plantvoedingstof, saad, chemikalieë en natuurlik ook diesel en slytasie bespaar word. Elke deel van die land kry net die nodige. Sodoende word ook baie tyd bespaar. En uit ’n estetiese oogpunt lyk die lande mooi afgewerk. Die nuutste GPS-tegnologie kan die trekker of implement stuur met akkuraatheid van onder ’n duim – dit wil sê, minder as 2,5 sentimeter. Dink ’n bietjie daaroor. Hier is die operateur in ’n trekker op die plaas, besig met een van die oudste menslike aktiwiteite, die verbouing van graan wat ons kan eet. Die trekker word gestuur deur ’n rekenaar wat ’n patroon oor ’n land trek en weet waar hy is deur te kommunikeer met satelliete wat ver bo die aarde in ’n wentelbaan is. Dis dalk nie vreemd dat die goed lyk soos iets uit Star Trek nie. Ons praat volgende keer verder oor hulle, want hier het ons nog net begin. Gaan kyk vir ’n trekker met ’n hoedjie op en neem sommer ’n foto van hom met jou eie draagbare assistent, en luister dan na ’n koorweergawe van “Hold On”.

  • Redakteursbrief – 29 April 2022: Van afstand en verlies

    [OORSPRONKLIK GEPLAAS IN SUIDERNUUS, 29 APRIL 2022] Hierdie week loop ’n weemoedige toon deur ons hele koerant. Daar’s die overbergense vygie wat ontdek en dadelik krities bedreig verklaar is; en die kolibri aan die doodgaan oor die verkeerde suikerwater-mengsel in ’n voëltroggie. In die foto’tjie leef hy nog, in die werklikheid is hy reeds dood. Twee van ons rubrieke bepeins strate wat nie meer bestaan nie en die koestering van stilte wat skaars geword het. Die stuk op bladsy 6 besin oor oerklippe waarop die spore van oerdiere nog gestempel lê, maar wat onvermydelik aan die versonke is in die see. Die artikel merk op dat sommige van hierdie klippe verkrummel en verlore gaan sonder dat enigiemand dit ooit onder oog gehad het. En daar is ook die storie oor die Agulhus Vuurtoring-ontwikkeling, wat fraai en slim beplan is deur die argitekte om in te smelt by die omgewing, maar tog by mens ’n triestigheid wek omdat die omgewing daar verder ontwikkel word in die belang van die trefwoorde van ons tyd: bemarking en ekonomiese vooruitgang. Die melankoliese toon was onbedoeld. Maar tog is dit vreemd gepas in hierdie oorgangstyd tussen somer en winter. Die herfs het tasbaar aangekom, die dae word korter, die nagte langer, die son bleker, die wind skraler. Dit is die sirkelgang van die lewe; ’n ewige kring van afstandneem en van verlies. Alles is verganklik. Verandering is die enigste konstante gegewe in ons bestaan. Daar is iets bepaald onmenslik aan enige ding wat nie hierdie patroon volg nie. Dink byvoorbeeld aan masjienerie wat sielloos voortsnor. Dink aan krioniese eksperimente om mense se lyke te vries in die hoop dat ’n poging gevind kan word om hulle weer op te wek. Dink aan die gedrogtelikheid van iets soos plastiek wat nie aan die verganklikheidsirkel onderhewig is nie. Daar is werklik iets ontstemmend en vervreemdend daaraan. Om oorgange te beleef en te respekteer, is nodig om die sirkelgang van ons eie lewens te verwerk en te aanvaar. Dit help om ons voor te berei vir ons eie onvermydelike verganklikheid. Dit berei ons voor om ’n brug te kan oorsteek, want die ondenkbare versonking in ’n dimensie wat heeltemal onbekend en donker êrens voor ons almal in die pad wink, kan ons nie ontglip nie. Ons hoop u geniet die koerant ten spyte van die melankoliese toon, of selfs miskien juis daarom. Op ’n heel ander noot wil ons u aanmoedig om die munisipaliteit se dorpsvergaderings, waar hulle die begroting vir die volgende vyf-jaar dienstermyn verdedig, by te woon. Dit is deur deelneming wat ons verseker dat ons diensgelde sinvol en omsigtig aangewend word. Mooi wense, Anneli en Mathabo

  • BOEKERUBRIEK – My eie 84 Charing Cross Road

    [OORSPRONLIK GEPLAAS IN SUIDERNUUS, 29 APRIL 2022] Ek het ’n hele klompie jare gelede as joernalis gewerk in Londen. Dit klink dalk grênd, maar dit was nie. Dit was koud en mistroostig en ek het een jas gehad. Ek en twee ander Suid-Afrikaanse vriende het ’n paar blokke van mekaar aan die verkeerde kant van Londen gewoon. Ver van enige stasie. Ons skoene was gaar gestap en ook nie altyd nommerpas nie. Maar in Londen was daar twee dinge wat die lewe meer draaglik gemaak het: Daar was ’n bushalte heel naby aan my huis, en een van die busroetes het van daardie halte geloop tot so ’n paar blokke van my werk af. Dit was ’n lang rit: Sowat 50 minute, in plaas van die trein wat my minder as ’n halfuur geneem het. Maar die trein was ’n gejaag, en mense wat teen jou skuur. Geen rus vir ’n mens se siel nie. Die aardigheid van die bus, was dat ek bo kon gaan sit en boek lees. Henry Pordes Books Die ander ding was Charing Cross Road. Toe ek in Londen gewoon het, was die straat ’n lushof vir ’n boekwurm. Goed ’n hele straatblok met een boekwinkel na die ander. Ek het vinnig my gunsteling uitgesnuffel: Henry Pordes Books. Op straatvlak, by die deur, het die bestuurder agter ’n countertjie gesit. Daar was een kasregister, en dit was dit. Die bestuurder het geweet wie kom die winkel in en wie gaan dit uit, en as jy vir iets bepaalds sou soek, sal jy vinnig een van die assistente teen ’n leertjie opstuur om dit tussen die versamelitems uit te haal. Of te beduie waar presies jy kan gaan soek. Maar vir my was die groot ding van Henry Pordes Books wat ónder straatvlak gebeur het. Van straatvlak af kon jy met ’n smal, onstabiele trappie afklim na ’n keldertjie. Links van die trappie was die muur toegepak met filosofie en reisboeke, en op regs was die lendelam trapreling. Aan die onderpunt van die trap, kon jy dan verder insink in 'n klein kamertjie met tweedehandse wêreldliteratuur. En nog ’n kamertjie aan kon jy die werke van digters en dramaturge kry. Ek het by die tweedehandse wêreldliteratuur vasgehaak. Enigiets van vertalings van André P. Brink, tot Doris Lessing, en Milan Kundera. En beswaarlik ’n boek bo £4. Stilte in die maag van die stad ’n Ander aardigheid van Henry Pordes, was dat daardie bepaalde kelderkamertjie van die boekwinkel geen selfoonontvangs gehad het nie. En so kon ’n mens dus in daardie enorme stad met sy miljoene mense en modern tegnologie sowaar ’n plek in die stad vind waar jy afgesny is van die gedruis. ’n Klein heiligdom van stilte. Geen manier om uit te chicken Ek en my een vriendin het gewoonlik ooreengekom om mekaar een Vrydag per maand (gewoonlik na pay day), in daardie kelderkamertjie te kry om boeke te soek. Die afspraak was vir “na werk” – wat enige tyd kon wees. Ons het gewoonlik met so drie boeke elk daar uitgestap, en dit was dan ons leesstof vir ons onderskeie daaglikse reise werk toe en terug. Wanneer ons ooreengekom het om mekaar daar in die hart van die stad te kry, was daar geen opsie om planne te verander nie, of ’n boodskap te stuur om te sê “Ek is laat” nie. Dit sou nie help nie. Die ander een sou die boodskap nie ontvang nie. En die ander een sou reeds daar in die maag van die stad besig wees om te delf na boeke. Vanuit daardie kamer kon ek my busritte werk toe en terug plesierig hou. Ek het oor die tydperk van ’n jaar ’n uitgebreide versameling van Milan Kundera se boeke daar kon aanskaf. Van The unbearable lightness of being tot The Joke. En daardie boekwinkel is ook waar ek my eerste kopie van ’n Orhan Pamuk-boek aangeskaf het. Dawerende stilte Vir sowat ’n dekade het ek al wat vriend en vyand is aangeraai om by Henry Pordes Books te gaan draai wanneer hulle Londen toe sou reis. Die laaste vriend wat ek soontoe gestuur het, het niks veel te sê gehad oor die boekwinkel nie. Dit het ek vreemd gevind, want hy het ’n selfs groter boek-verslawing as ek. Dis eers toe ek in 2019, ’n paar maande na my vriend, weer in Londen kom, en oudergewoonte my weg Henry Pordes toe vind, dat ek sou agterkom waarom hy maar liewer stilgebly het. Dieselfde man het nog agter die countertjie gesit, maar die winkel was ’n geraamte van sy ou self. En die man het ook nie meer heeltemal homself gelyk nie. Hy het skaars opgekyk. Ek is met die lendelam trappie af na my heiligdom. Dit was leeg. Nie ’n enkele boek nie. Skuins oorkant die straat was daar nou ’n Foyles – ’n kettingwinkel vir boeke. Hierdie Foyles was oor ses vloere, met ’n restaurant op een van die boonste vloere. Geen tweedehandse boeke nie, maar enige boek onder die son, en in bykans elke taal wat op hierdie aarde gespreek word. Dis drie jaar later, en Covid was genadeloos. Ek wonder of Henry Pordes Books nog bestaan. En of ’n Henry Pordes Books ooit weer sal bestaan soos destyds. Vir die leser van hierdie rubriek wat ook ’n gevoel wil kry van hoe Henry Pordes Books was toe hy my suurstof in die grote stad was, kyk gerus die fliek 84 Charing Cross Road, met Anthony Hopkins in die hoofrol. Nee, dit is nie dieselfde plek nie. Maar dit kon net sowel gewees het.

  • MARIUS PRAAT PLAAS – Daar’s ’n seekat op my stoep

    [OORSPRONLIK GEPLAAS IN SUIDERNUUS, 29 APRIL 2022] Watse vreemde masjiene vol pype en geel tenke en kruiwawiele sien ons skielik in die omgewing? In hierdie aflewering gesels ons verder oor een van die belangrikste punte in die landbou-siklus: planttyd. ’n Rovic-planter – mens sien duidelik hoekom lugdruksaaimasjiene en -planters aanvanklik “seekat-saaimasjiene” genoem is. Let ook op die afsonderlike tenke vir verskillende produkte. Foto's: Marius Swart Van ‘saai’ na ‘plant’ Ons het die vorige keer gepraat oor die “ou” manier waarop ons gewasse se saad in die grond gesit is. Om hierdie soort saaibewerking moontlik te maak, moes die grond vooraf losgemaak word met behulp van ’n skottel- of tandbewerking. Hierdie bewerkings het die grond in wisselende mates omgekeer, met die gepaardgaande verlies aan vog, en verskeie ander nadelige effekte. So lank terug as 1981, ten tyde van die Laingsburg-vloed, was daar produsente wat begin soek het na ’n beter manier, hoofsaaklik om konstante gronderosie te probeer vermy, maar ook om op ’n sagter manier te werk met ons belangrikste hulpbron – die grond. Australië en elders Uit die aard van ons ligging en soortgelyke klimaat, is die graanstreke van Australië ’n logiese plek vir ons plaaslike produsente om nuwe tegnieke aan te leer. Dit was ook inderdaad hier waar een van die pioniers op die gebied, Jack Human van die Heidelbergdistrik, reeds in die vroeë 1980’s bewus geraak het van die nosie van “bewaringsbewerking”. Dit is ’n metode wat fokus op die bewaring van hulpbronne – veral die grond, maar ook water, voedingstowwe, en dies meer. Die basis van ’n bewaringsbenadering tot graanverbouing is dat die grond so min moontlik versteur moet word, verkieslik net een keer per jaar. Daar is ook beginsels oor gewasrotasie en ander faktore, maar daaroor praat ons ’n ander keer. Die enkele jaarlikse bewerking moet uiteraard die saad vir die nuwe oesjaar plaas, tesame met die nodige plantvoedingstof in die vorm van kunsmis. ’n Sagte maar ferm saadbed moet geskep word en die oppervlak moet redelik grof gelos word om vog te help opvang. Verder moet die implement wat die bewerking doen, in harde, onbewerkte grond kan indring, en ook groot hoeveelhede oesreste kann hanteer sonder blokkasie. Die planteenheid op ’n tipiese tandplanter. Die mespuntskaar is voor, dan die saadlepels en heel agter die drukwiel. Die dun pypie agter die saadlepels kan lusernsaad saam met die graan plant. Die hele plantmeganisme loop op ’n parallelogram wat eenvormige kontak met die ongelyk grond verseker. Die planter Die tipiese planter wat vandag in die Overberg gebruik word, het ’n sogenaamde mespuntskaar (so genoem omdat dit baie dunner is en die grond minder versteur as tradisionele skare) en ’n drukwiel (wat die planteenheid dra en die saad vasdruk). Die Engelse mense praat van “knife-point and press-wheel systems”. Die heel nuutste tegnologie doen dit alles met ’n groot ronde metaalskyf wat op die prinsiep van ’n bliksnyer of ’n pizzawiel ’n klein voortjie oopsny vir die saad. Maar kom ons bly nou eers by die “tandplanters”. Die tandplanter se skaar sak in die grond weg en trek ’n slootjie oop. Aan elke tand is dan ook twee of drie pype geheg. Tipies kom daar kunsmis deur die eerste pyp – dit word tot onderin die slootjie geblaas. Hierna is daar ’n “saaiskoen” of ’n “saadlepel” – ’n meganisme wat die saad op ’n spesifieke manier plaas. Elke planter se vervaardiger beweer dat hulle manier die beste is – die een gooi die saad onderin die voortjie, die ander druk dit in die kante vas, party blaas dit in twee straaltjies uit en party in een strook. Hierna kom ’n drukwiel en druk die hele storie in die grond vas. Saad, kunsmis en meer Voorop die planter is daar twee of meer bakke of tenke. In die tenke sal een of meer soorte kunsmis wees, en natuurlik die saad. Soos ek laas keer verduidelik het, word dit uitgemeet en met behulp van lugdruk deur pype vervoer tot waar dit verdeel word na die individuele tande toe. Daar is kleiner planters waar die bak bo sit en die materiaal met swaartekrag vervoer word. Die planter kan ook ’n spuitbalk hê om vloeibare plaagdoders toe te dien. Sommige planters het pypies wat vloeibare kunsmis gee, en baie kan ook slakpille uitstrooi as dit nodig is. Ek sal ’n ander keer meer vertel oor die verskillende soorte kunsmis wat gebruik word. Daar is drie hoofsoorte waarvan jy in hierdie dae baie sal sien. ’n Rooi planter met wit of grys tenke is ’n Rovic (die ouer wynrooi weergawe van dieselfde ding heet “Voor”) – hulle word in Kuilsrivier gebou. As die planter turkoois is met geel tenke op, is dit ’n Equalizer. Hulle fabriek sit in Brackenfell, en dié planters is ook ’n volledig plaaslike ontwerp wat nou al selfs uitgevoer word. Die groen planter met oranje tenke staan bekend as ’n “Ausplow”, hoewel hulle presiese reeksname oor tyd verander het. Die oorspronklikes het uit Australië gekom, maar ’n plaaslike weergawe word al lank in Albertinia gebou. Daar word ook ’n goeie planter plaaslik op Swellendam gebou, en baie produsente gebruik planters wat hulle self aangepas het of uit bestaande implemente gebou het. Kyk of jy iets sien wat nié op hierdie lys is nie, en vra ’n bietjie wat dit is.

  • BOEKERUBRIEK – Jamie Oliver se resepteboek vir die lewe

    [OORSPRONLIK GEPLAAS IN SUIDERNUUS, 22 APRIL 2022] Hierdie week kook ons weer in hierdie boekerubriek. En laat ek ook waarsku: Hierdie boekerubriek begin nie met ’n boek nie, maar dit eindig darem wel met een. Toe ek en ’n huismaat destyds saam in ’n huis in Westdene, Johannesburg belê het, het dit ’n ruk lank maar taamlik broekskeur gegaan. (En “belê”, sal baie finansiële raadgewers beweer, is die verkeerde woord om te gebruik wanneer dit by huiskoop kom. ’n Mens is mos skaars klaar met werk aan die dak, en die geute wat lek en die geyser wat bars en die tuin wat kompos bygewerk moet word, of jy moet weer begin by die dak …) Trevor Manuel se appels Ek het onmiddellik besluit dat dit tyd is vir ’n tydperk van streng fiskale beleid. Ek het in daardie dae nogal baie gedink aan die voormalige minister van finansies, Trevor Manuel, wat na jare van streng fiskale beleid een begrotingsrede begin het deur aan al die lede van die parlement ’n appel te oorhandig. Sy boodskap was dat – na al die jare van die beursie dig hou – dit nou tyd was om stadig maar seker die vrugte van daardie dissipline te begin pluk. Ek dwaal af. So trek ons in die huis in, en die eerste paaiement gaan af, en ek kyk die agterdeur so, en ek kyk die skroefies in die agterdeur so, en ek dink: Ja, skroefies. Nou is een van julle darem seker al myne. My huismaat hou van rugby, en so raak rugby-kyk by ’n restaurant op ’n Saterdag heeltemal te duur saam met die huiskopery. Ek maak die somme, en bereken Dstv gaan goedkoper uitwerk. Maar dan geen restaurant-uitstappies nie. Geen koffie by die werk nie. Nuwe onderklere eers weer teen die einde van die jaar – as die begroting dit teen daardie tyd toelaat. Ek draai al die krane toe. Alle uitgawes is tot op die been gerantsoeneer. Manuel het niks op my nie! As die muis vol is … So was ek ook maar nog jonk, en ek het in daardie stadium nog nie vreeslik baie kos gemaak in my lewe nie. Maar met dié dat restaurante verbode is, raak kook toe ’n noodsaaklikheid. Ek het darem so ’n halwe gedagte gehad van wat in my ma se bolognese kom. En die slaghuis om die draai se maalvleis is netjies en goed geprys. Ons eet vir ’n paar weke om die beurt spaghetti, kerrie en rys, frikadelle, en soms herderspastei. Na ’n paar weke begin ek so stuk-stuk my smaak verloor vir maalvleis-gebaseerde geregte. Dan eet ons maar wors met mash (ja, ek weet). Intussen, uit verveling, begin ons tv kyk. En ek ontdek vir Jamie Oliver – die Naked Chef wat destyds die hele Brittanje aan die kook gesit het. Goed. Nie die hele Brittanje nie. Maar die leser sal my die hiperbool vergewe. En Jamie inspireer vir my. Hy maak kos wat lekker lyk. En hy laat dit maklik lyk. Hy kies kortpaaie, hy volg nie die reëls nie, en hy laat altyd ruimte vir ’n “or whatever you like”. Sonder om fênsie te wees Ek ontdek sy webblad waar sy resepte gratis beskikbaar is. Om alles te kroon, praat hy nie fênsie Engels nie. Dit kom uit soos dit uitkom. Bedags vertel ek vir my een kollega van sy nuutste resepte, en aan watter dis ek die bepaalde aand my hand sal waag. Saans na werk, stop ek by die winkel en kry die nodige vir die aand se resep. Ek begin stadig maar seker my speseryrak uitbrei (een nuwe spesery per maand). Ek begin koljander aanplant, en pietersiel ie en basi l iekruid. Roosmaryn. Tiemie. Elke aand probeer ek ’n ander resep. Jamie was die wegspringplek, maar nou verken ek verder. Ek kry ’n kookboek met Asiese resepte by die boekwinkel in Melville. Dit was op ’n special: R40. (Ek kook steeds uit hierdie boek.) Een aand kom my huismaat by die huis, en vind my op die stoep besig om met ’n mes die bestanddele vir ’n Thaise groenkerrie in ’n puree te verwerk. Ons het in daardie stadium nie ’n voedselverwerker nie, en ook nie ’n stamper en vysel nie. Ek maak botterhoender, chili con carne en pampoenkoekies. Ons vriende nooi ons om hulle by restaurante te kry, maar Trevor Manuel het nog nie laat skiet nie. By ons huis word nie uitgeëet nie. Ons kook saans ’n storm los. Ek verstom my aan die verskillende dinge wat jy met presies dieselfde bestanddele kan maak. Water, meel, eiers en olyfolie, en jy kan pasta-deeg maak. Vervang die meel met aartappels, en ons maak vars gnocchi. ’n Vriend gee vir my ’n pasta-roller as ’n geskenk. Dinge ruk hand uit. Jamie in Europa – en Westdene Met een verjaarsdag, nooi ons 40 mense en maak lasagne vir die hele lot. Ons nooi soveel mense, dat almal dink dit is een van daardie Groot Verjaarsdae. Een vriendin gee vir my ’n Jamie Oliver-mes. Ander vriende kom daar aan met ’n Jamie Oliver-knoffelpers. En my kollega by die werk? Sy bring vir my ’n Jamie Oliver-kookboek: Jamie does Spain, Italy, Sweden, Morocco, Greece, France – Easy twists on classic dishes inspired by my travels. En dit is met hierdie boek dat ek toe destyds besef het ek kook nie meer agter resepte aan nie. Ek kook nou agter inspirasie aan. Wanneer mense oorkom, is hierdie Jamie Oliver-boek een van menige wat ek deurblaai vir inspirasie. Ek sien byvoorbeeld: O, ja, daardie bestanddeel wou ek nog op ’n keer probeer. Ek koop gerookte Spaanse paprika, en besef die bepaalde gerookte smaak is ’n bietjie te wild vir my. Maar ’n bietjie komyn by oondgebraaide soetpatats werk nogal lekker. Ek sien wat hy met skaapboud doen – ek kyk wat hy met die vleis doen, en watter geure hy daar inwerk. Ek boots hom nie na nie. Ek dink, ah, ja. Daardie ding sou ek nogal by my vleis probeer, maar die ander laat ek maar gaan. My resepteboeke brei uit. Ek blaai en kyk en steel met my oog, en dan gaan ons na die Impala-sentrum toe ’n paar kilometer van ons huis en daar laat ons dat die bestanddele ons verder inspireer. Ons kies op wat ons sien vars is en mooi lyk. Ons leef ons kookboeke in. Hulle voed ons en ons vriende en familie. Hulle gaan oral met ons saam. Hulle is ons inspirasie.

  • Redakteursbrief – 22 April 2022: ’n Sakeplan wat lesers minag

    [OORSPRONKLIK GEPLAAS IN SUIDERNUUS, 22 APRIL 2022] Een van ons moes onlangs Oos-Vrystaat toe reis, na Bethlehem se wêreld. En daar kom sy af op ’n koerant genaamd Vrystaat Kroon, ’n produk van die Media24-stal. Voorheen het Bethlehem sy eie gemeenskapskoerantjie gehad – die Vrystaat. Dit lyk dus of dié koerant oorgeneem is, of saamgesmelt het met die gemeenskapskoerant van Kroonstad en dat die produk daarvan nou ’n streek dek so wyd soos die Heer se genade – van Kroonstad tot Bethlehem en selfs Vrede, amper 300km weg van eersgenoemde. Die koerant het hierso ’n foto’tjie van Clarens se natuurskoon, daarso ’n storietjie oor Vrede se varke, ’n klomp foto’s van Bethlehem skoolkinders en verder is die nuus Kroonstad s’n. En: die koerant word gratis versprei. Nou ons het al oor dié soort koerant geskryf (sien Redakteursbrief van 5 Maart 2022), want daar is so een in ons streek ook: Die Hermanus Times pik-pik lukraak storietjies op oor die suid-Overberg, maar skryf eintlik nuus oor Hermanus. Soms wonder ’n mens of só ’n benadering enige van die dorpe behoorlik bedien omdat sulke koerante hulself so dun smeer. In die geval van Hermanus Times, verneem ons daar word weekliks sowat 5 000 kopieë van die koerant in die suid-Overberg afgegooi by plekke soos die polisiestasie, die biblioteek, en die hoërskool. Sommer enige plek wat ’n tafelblad of ’n rak het. (Ons merk dié koerant lees darem ook Suidernuus, want onlangs het hul ons prettigheid om mense te kiek wat die Suidernuus lees en in die koerant te plaas, begin nadoen … Nabootsing is mos ’n kompliment wat voel soos ’n dwarsklap. Nevermind.) Ons het ook in ons brief van 5 Maart vertel dat die tegniek om sirkulasiesyfers op te blaas deur koerante verniet af te gooi in streke waaroor hulle nie werklik skryf nie, hoofbrekens besorg aan onafhanklike gemeenskapskoerante met hul meer realistiese sirkulasiesyfers. Dit is omdat hulle eenvoudig nie die advertensies kan lok wat dié soort seekat-koerante van groot mediahuise soos Media24 kry nie. Media24 behoort aan die mediareus Naspers – ’n gigantiese transnasionale maatskappy met belange regoor Afrika, Europa en veral in China. En hy’s aan die publikasies toemaak, left, right en centre, als is nou net digital. So hoekom hou die maatskappy hom op met gedrukte gemeenskapskoerantjies? Wel, wil lyk dit gaan natuurlik juis oor hierdie advertensie-inkomste. Die Vrystaat Kroon is so skaamteloos hieroor, sy redaksionele kontakblokkie verskaf kontakte éérs vir ‘head of sales’, dan drie kontakte vir advertensies in Kroonstad en Bethlehem, en dan kontakte vir ‘vacancies’, ’legal notices’ en ‘classifieds’ – almal synde vorme van advertensies of as jy wil, inkomste, vir ’n koerant. Slegs aan die onderent van sy lys is daar ’n kontak vir redaksie. En die redaksiekontak is dieselfde kontak as dié vir advertensies op Kroonstad! Gaan dit dan nou oor koerantmaak? Of oor geldmaak? Ons het nog altyd gedink ’n koerant is ’n ding soos ’n brood. Dit is so belangrik vir ’n samelewing dat gewone sakebeginsels in ’n mate tersyde geskuif word. As jy brood bak, dink jy eerstens aan die honger mond wat dit gaan voed, nie hoe jy minder meel kan gebruik om meer geld uit jou baksel te maak nie. Dis jammer laat-kapitalisme het ’n perversie geskep: dat jy produkte kan maak van so ’n minderwaardige gehalte dat dit geen selftrots weerspieël nie. En dat dit fine is om dit dan af te smeer aan ander mense (selfs verniet) solank jy geld maak daaruit. Dis, soos mens sê, as ’n saak bestuur word deur bean counters. Die kernbesigheid vervaag en die fokus verskuif na geldmaak. So ’n siniese stelsel is nie op die lange duur volhoubaar nie. Êrens stort dit in duie. Op ’n ander noot: Suidernuus verskaf ’n paar gratis koerante aan die biblioteke in ons streek. In die gees van gemeenskap het ons besluit om ook ’n aantal koerante verniet af te lewer by die ouetehuise in ons streek (darem nou nie in pakke van 50 nie ...) Geniet hom! Mooi wense, Anneli en Mathabo

  • PROFIEL: Jacko van Beulen – Die meester-kaasmaker van die Overberg

    [ORIGINALLY PRINTED IN SUIDERNUUS, 15 APRIL 2022] Jacko van Beulen is ’n meester-kaasmaker. Dié Napierdorper het verlede jaar sy passie huis toe gebring, en vervaardig tans sy eie reeks kase in Napier. Anneli Groenewald het met hom gesels. Jacko van Beulen is op Napier gebore en getoë, en het sy loopbaan as kaasmaker op dié dorp begin. Van Beulen is ’n meester-kaasmaker en het verlede jaar begin om kaas te maak op Napier. Hier is hy in die verouderingskamer by hul perseel in Sarel Cilliersstraat. Foto's: Anneli Groenewald Kaasmaak is ’n kuns. “Jy moet weet wanneer om een bakterie dood te maak, en wanneer die volgende een ingestel moet word. Dis waar die smake inkom,” verduidelik Jacko van Beulen, Napier se eie kaasmeester. Van Beulen het vir dekades kaas gemaak vir Kleinrivier naby Stanford, en het tydens sy tyd daar verskeie van die land se voorste toekennings ontvang vir sy kase. In 2006, het hy die SA Suiwelkampioenskap vir die eerste keer gewen. Dit is die land se toptoekenning vir suiwelprodukte. “Toe sê die judges: ‘This man has been knocking for a long time.’” Van Beulen was daarna die eerste persoon in Suid-Afrika om dié gesogte prys drie keer te verower. Hy was ook die eerste persoon in die land om die maak van raclette te bemeester, vertel hy aan Suidernuus. Raclette is die smeltkaas wat gebruik word vir fondue. Op grond van die kwaliteit van sy kaas, is hy onder meer genooi om na Frankryk en Switerland te reis waar hy ander kaasmakers kon ontmoet. Hy kon ook sien hoe kaasmakers se tegnieke verskil na gelang van klimaat en regulasies in ander wêreldstreke. Hierdie gebou in Sarel Cilliersstraat was vroeër jare ’n vulstasie, maar deesdae word Protea Cheese se kase hier vervaardig en verkoop. Dié kampioenkaasmaker het egter verlede jaar besluit om die pendel tussen Kleinrivier en Napier te laat staan, en om sy eie ding op sy tuisdorp te doen. Protea Cheese het in Junie verlede jaar sy deure op Napier oopgemaak. “Ek staan so half vyf soggens op, en dan begin ons om sewe-uur met kaas maak,” sê Van Beulen. Elke stap in die proses vind plaas by hulle perseel in Sarel Cilliersstraat – selfs die verpakking. ‘Daar steek meer in jou’ Van Beulen is gebore in Napier, en het op Bredasdorp skoolgegaan. Hy het aanvanklik by Denel gewerk, aan die natuurbewaringkant. Ná afleggings wat in die 1990’s by Denel plaasgevind het, is Van Beulen terug Napier toe. Hy was ’n rukkie werkloos voordat Lynne Greenwood-Smith hom gevra het om haar te help om na haar gastehuis in die dorp om te sien. “Dis waar alles eintlik begin het,” sê Van Beulen. Hy en Greenwood-Smith het elke Maandagoggend ’n vergadering gehou. “Toe sê sy een oggend vir my: ‘Jacko, dié is nie vir jou nie. Daar steek meer in jou.’” Met Greenwood-Smith se hulp het hy lesse in bloukaasproduksie geneem in Scarborough in die Kaap. Jacko van Beulen (regs), saam met assistent, Peter Matthys. Matthys behartig ook die kaasproe-sessies by Protea Cheese. Terug op Napier, het hy homself verder geleer kaas maak. Benewens bloukaas, het hy ook begin met feta en roomkaas. Hy het vir meer as drie jaar op sy eie kaas gemaak voordat sy pad met dié van die vorige eienaar van Kleinrivier, Riaan Lourens, gekruis het. Lourens was op Napier om ’n hond by ’n vriend te koop toe hy van Van Beulen hoor. “Riaan het destyds vir Rapport gesê hy sal nooit vergeet dat hy ’n hond kom koop het en toe kry hy die kaasmaker reg langsaan nie,” skerts Van Beulen. Maar nou maak Van Beulen weer sy kase in sy grootworddorp. Sy persoonlike gunsteling is die Tilsiter, en die Van Beulen. (Suidernuus het geproe en stem saam, maar die ander kase staan ook vir niks verkeerd nie.) Hy maak ook ’n Dainablu – ’n mak, sagte kaas wat leke nie sal afskrik nie. En ’n kaas opgedra aan ons streek: die Protea Health-kaas. Een van Protea Cheese se kase is die Protea Health-kaas wat Van Beulen opdra aan die streek en sy mense. Die Van Beulen-kaas is ’n Gruyère-kaas (sien kassie) wat hy meen veral goed aangewend kan word vir fondue. Dis ’n komplekse, beleë kaas wat lekkerder raak hoe langer jy aan hom eet en word goed gekomplimenteer deur brood en wyn. “Dis nie ’n kaas vir elke dag nie. Dis vir as jy vriende oor het en jy gaan sít met dit,” sê Van Beulen. ’n Kaasmaker met ’n plan Van Beulen leef, eet en slaap kaas. Letterlik. Sy vrou, vertel hy, het hom al in sy slaap hoor praat oor kaas. “Dis my lewe!” lag hy. Van Beulen se oë glinster wanneer hy oor kaas en produksie-tegnieke gesels. Hulle ontvang daagliks Guernsey-melk van ’n boer in die omgewing, en dan kann hy met daardie melk begin toor. Hy verduidelik hoe hy byvoorbeeld met verskillende soorte kase minder of meer laktose uit die melk moet was – dit bepaal hoe soet die kaas sal wees. Sy hande verduidelik saam en hy skuif rond soos hy verduidelik. Van die kase in meester-kaasmaker, Jacko van Beulen, se verouderingskamer. Kaas neem lank om te verouder. Om die proses te bespoedig, maak hy kleiner kaasringe. Kaas neem lank om te verouder, en Protea Cheese is maar kort in die bedryf. Van Beulen het egter ’n plan beraam om dié probleem te oorkom. Hy maak kleiner kaas-ringe wat beteken dat die kaas vinniger kan verouder. Terwyl hy van hierdie bobaas-plan van hom vertel, glimlag hy soos ’n kaasmaker wat wéét hy ken sy storie. “Om melk te omskep in kaas – om dit regtig te sién gebeur – dis iets anders.” Van Beulen se braai-aartappels Jacko van Beulen sê sy Gruyère-kaas, die Van Beulen, werk veral lekker saam met pasta en aartappels. Sy eie resep is om braai-aartappels gaar te maak, en die Van Beulen dan oor die aartappels te rasper. Dit gaan dan terug oond toe totdat die kaas “nét smelt” en opgedien kan word. Hoe Gruyère hier Van Beulen geword het ... Gruyère is die beroemde harde Switserse kaas wat gemaak word naby die Middeleeuse dorpie Gruyère in Switserland. Gruyère geniet geografiese indikasiebeskerming (GI), wat beteken geen ander land wat ’n handelsooreenkoms met Switserland het, mag dié naam vir ’n kaas gebruik nie. Dit is hoekom die Van Beulen-naam ingespan is. GI funksioneer soos ’n vorm van handelsmerk-beskerming en het in Europa beslag gekry om tradisionele vervaardigingsmetodes of streeksunieke karaktereienskappe te reserveer sodat slegs die plek waar die produk oorspronklik gemaak word, of waar dit natuurlik voorkom, kommersiële voordeel daaruit kan trek. Die oudste – en bekendste – GI’s is champagne en Rochefort (bloukaas) wat deur Frankryk gereserveer is. Dit beteken dat ander lande wat vonkelwyn vervaardig nie meer op hul bottel die woord ‘champagne’ mag gebruik nie. Dieselfde geld bloukaas. GI’s kom algemeen voor in Europa. Italië het byvoorbeeld meer as 600 GI’s – dink aan Parmaham, Parmeggiano (egte parmesan) en Grappa. Ons eerste kennismaking met GI’s was omstrede. Toe Suid-Afrika in die mid-90s ’n handelsooreenkoms met die Europese Unie aangegaan het, het hy ingestem om die gebruik van die terme ‘port’ en ‘sherry’ binne 20 jaar uit te faseer in die tuismark in belang van Portugal en Spanje, waar hierdie soetwyne oorspronklik vandaan kom. En gaan kyk ’n bietjie: Selfs die gewilde Old Brown Sherry heet nie meer so nie! Die naam het ongemerk OBS geword. Suid-Afrika self het geen GI’s nie, maar daar is reeds jare gelede voorgestel dat streeksunieke produkte soos, sê, rooibos, heuningbos en Karoolam vir GIbeskerming kwalifiseer. Die proses is egter omslagtig en moet gesamentlik deur ’n bedryf aangevoor en dan deur die departement van handel en nywerheid gereserveer word. Mathabo le Roux

  • Redakteursbrief – 15 April 2022: Die patroon van samehorigheid

    [OORSPRONKLIK GEPLAAS IN SUIDERNUUS, 15 APRIL 2022] In die Middeleeue was die struktuur van dorpe geskoei op die patroon van ’n wiel: In die middel waar die as sit, is ’n kerk. Daaromheen sirkel die geboue waar handel en nywerheid bedryf is, en rondom dié, weer, volg die huise van die dorp se bewoners, wat genestel is aan die sentrale punte van kerk en werk.* Baie plattelandse dorpe se oorspronklike uitleg weerspieël steeds die Middeleeuse argitektoniese patroon. Dink byvoorbeeld aan Bredasdorp, of Elim, of Napier, met hul kerke wat die middelpunt van die dorp vorm, en rondom die winkels en dan die ou huise. Dié argitektoniese struktuur is ’n merkwaardige analogie van die hiërargiese patroon wat die antieke lewensuitkyk versinnebeeld en eintlik steeds in party gemeenskappe geld. As die middelpunt van die gemeenskap staan die kerktoring wat die oog as’t ware ophef na ’n hoër gesag en wat as primêre riglyn ’n geestelike oriëntering opstel. Die kerk self versinnebeeld liefde. Daarna volg die beginsel van ambag en handel wat beteken die mens, genoop om om te sien na sy fisiese liggaam, moet ook prakties ingestel wees op die materiële wêreld. En daaromheen is die bewoners wat die liggaam van die gemeenskap vorm. As ’n mens daaroor dink, is dit ook ’n struktuur wat die patroon van die tradisionele huisgesin naboots, en selfs dié van die individu: die kop as hoof van die liggaam, die setel van logos; die hart beliggaam liefde, en die ledemate is die lyf. Jy kan sê die patroon is ook ’n struktuur van die werklikheid. Ons funksioneer binne ’n hiërargiese verwysingsraam en dit dien as rigtingwyser vir ’n omvattende en betekenisvolle lewensbeskouing, gesetel binne ’n gemeenskap. Die interessante ding is natuurlik dat so ’n struktuur samehorigheid aanmoedig. In so ’n kleiner, geordende opset is mense geneig om mekaar te ken en vir mekaar om te gee. Hul behoort tot dieselfde gemeenskap en weet dus van mekaar se wel en weë en reageer dienooreenskomstig op mekaar. Ons het dit ook onlangs vergestalt gesien in die wyse waarop die kerk, die moskee en kerklike instellings met die verjaging van buitelanders uit hul huise laas maand eerste ingespring het om dié mense te huisves en na hul om te sien. In stede, waar hierdie patroon ontwrig is, sien ’n mens dat mense ontwortel raak en veral in tye van nood, soos die afgelope twee jaar met Covid, ontredderd en ontheemd voel. Waar ons in die Paastyd is, is dit gepas om te reflekteer op die aspek van ’n gemeenskap met waardes wat riglyne bied om betekenisvol te leef. Beste wense, Anneli en Mathabo *Ons is erkenning verskuldig aan Jonathan Pageau wat dié struktuur uitwys op sy webtuiste The Symbolic World.

  • MARIUS PRAAT PLAAS – Saaityd of planttyd?

    [OORSPRONLIK GEPLAAS IN SUIDERNUUS, 8 APRIL 2022] Die maniere waarop saad in die grond gesit word, is amper so uiteenlopend soos die mense wat dit doen en die plekke waar dit plaasvind. Daar is egter ’n paar algemene beginsels en twee hoofprosesse waardeur dit gedoen kan word. Vandag praat ons ’n paar woorde oor die “ou” manier. ’n Tipiese strooier wat gebruik is om saad en kunsmis oop te strooi – hier ’n Magitec. Foto's: Marius Swart In die verlede is die meeste graan breedwerpig gesaai en met grondbewerking in die grond toegemaak. Dié proses is so oud soos die boerdery self, en word selfs in ’n Bybelse gelykenis vervat. Dit kan met ’n saaimasjien gedoen word, wat langwerpige bakke vir saad en kunsmis het. Onderin die bakke is daar ratte of rollers met groewe wat in ’n spesifieke verhouding draai om ’n sekere hoeveelheid saad en kunsmis uit te meet. Dit val dan tot tussen veertande of skottels waar dit met grond bedek word. Die eerste weergawes van hierdie masjiene het ’n “saaikas”, gewoonlik van hout maar later ook van metaal, bo-op ’n skottelploeg gehad. Die saaikas kon afgehaal word, en dieselfde ploeg kon vir primêre grondbewerking ingespan word. Die ouer garde ken nog die verskil tussen 'n “saaikas” en 'n “saaimasjien”. Latere weergawes van hierdie proses het behels dat kunsmis en saad uitgestrooi is met ’n kunsmisstrooier. Kunsmisstrooiers lyk en werk nes die kalkstrooiers waarna ons laas keer gekyk het, maar dien kleiner volumes materiaal toe en strooi dit tipies oor ’n wyer baan oop. Die meeste moderne kunsmisstrooiers hang agteraan die trekker, maar daar is ook van hulle wat op wiele loop. Oor hedendaagse strooiers sal ons in die winter in fyner besonderhede gesels. Proses met sy eie woordeskat Strooiers voer die materiaal na twee skywe wat vinnig draai en die saad en kunsmis dan oor ’n breë baan versprei. Van die strooiers wat vroeër gebruik is om te saai, was die twee algemeenste fabrikate in ons area die Magitec, wat blou onder en wit bo was, en die Rovic, wat ’n vaal-oranje kleur was, en later kombinasies van rooi en grys. Daar was ander soorte ook. Die Magitec het ’n saadbak bo-op die kunsmisbak gemonteer gehad vir saaityd en die saad en kunsmis met ’n groot ketting na die skywe gevoer. Die Rovic het weer ’n rubberband hiervoor gehad met die saadbak in die middel en kunsmis langs die kante. Nog ’n gewilde kombinasie was ’n groen Mercedes Benz-trekker, ’n “MB Trac” of sommer net ’n “Benz”, met een strooier voorop die neus vir die saad en nog een agteraan vir die kunsmis. Hierdie manier van saai het ’n eie woordeskat gehad wat nou al amper verdwyn het. Daar was ’n verskil tussen “krap”, “losmaak” en “toekrap”, party mense het met ’n “malhaas” gesaai en ander het neergesien op mense wat een nodig het. Daar was “S-tand-krappers” en “Fieldspans”, en almal weet ’n “Handicult” het die meeste pap wiele gekry, veral op lande met baie kakiebos. Die strooier moes ook altyd ’n paar draaie om die land saai voordat die krappers kon begin toekrap, en saans moes die krappers betyds stop en twee bane van die strooier ooplos. Krappers wat toekrap het gewoonlik eggies en ’n roller agteraan, soos hierdie John Shearer Handicult. Strooiers met ‘vlerke’ In ’n stadium was lugdrukstrooiers in die mode. Hierdie strooiers het “vlerke” gehad met pype waardeur die saad of kunsmis geblaas is tot waar dit ’n plaatjie getref het en dan eweredig oor die grond gestrooi is. Die bekendste handelsmerk by ons was Amazone, maar Rovic het ook ’n model met vlerke gemaak. Hierdie strooiers kon baie akkuraat saai, maar hulle het in die praktyk vinnig weer uitgesterf as gevolg van hoë slytasie en ’n beperkte werkswydte. Die derde algemene tipe saaimasjien het ook met lugdruk gewerk. Saad en kunsmis is ook in ’n sentrale bak gelaai, met ’n meganisme onderaan wat die regte hoeveelheid uitmeet. Dan is dit deur wind, afkomstig van ’n groot waaier, deur lang pype vervoer na die planteenheid, wat ’n gewone tandimplement was wat die grond losgemaak en die saad en kunsmis toegegooi het. ‘Seekat-saaimasjien’ Daar was ’n paar fabrikate, maar die meeste hier rond was geel en is deur die Australiese maatskappy Connor Shea gemaak. Daar was ook liggroen Forward-masjiene, en grys Flexi-Coils uit Kanada. Hierdie masjiene het nogal van agter taamlik na ’n seekat gelyk met al die hangende pype, en ook die bynaam “seekat-saaimasjien” gekry. Hulle lyk ook eintlik baie soos die hedendaagse planters, waaroor ons volgende keer gesels. Kyk die volgende paar weke of jy ’n trekker met ’n strooier voor- of agteraan iewers raaksien – miskien is dit ’n groen en oranje Amazone, ’n rooi Rovic, ’n turkoois Sulky, of dalk iets heel anders. Ons praat binnekort verder.

  • BOEKERUBRIEK – ‘Reading and making war… they don’t go together’

    [OORSPRONLIK GEPLAAS IN SUIDERNUUS, 8 APRIL 2022] Ek reis graag, maar ek hou nie baie van vlieg nie. Soos die noodlot dit wil hê, bevind ek my die laaste twee jaar of so in ’n situasie waar ek feitlik glad nie reis nie, maar gereeld vlieg. Die gevlieëry is omdat ek tussen die Kaap en Johannesburg pendel. (En die gebrek aan reis is natuurlik weens virus-verwante inperkings.) Roetine maak die pendel beter: Soveel uur voor my vlug bestel ek ’n Uber. Met aankoms by die lughawe, gaan ek dadelik deur sekuriteit, koop iets te drinke, ’n pakkie soetgoed en gaan sit by my hek. En dan begin ek lees. Ek lees in die ry by die hek, en ek lees terwyl ons wag vir almal om klaar gevroetel te kom by hul sitplekke, ek lees al die pad oor Bloemfontein en die Groot Karoo en anderkant uit. So reis ek deur ander landskappe terwyl ek in ’n metaalkapsule oor die land heen skuif. Menige van die boeke op my boekrak is minstens gedeeltelik op ’n vliegtuig gelees. Verlede jaar onder meer Ingrid Winterbach se Voorouer. Pelgrim. Berg. En Lauren Groff se Matrix, ’n verhaal oor Marie de France, ’n digter uit die twaalfde eeu. En Damon Galgut se The Promise wat aan hom die Bookerprys besorg het. In The Promise reis die leser saam met die hoofkarakter, Amor en haar gesin terug na die familieplaas vir haar ma se begrafnis. Dis die wêreld in en om Pretoria in die vorige bedeling. Soos met die meeste goeie boeke, is The Promise egter nie net ’n reis terug in tyd en plek nie, maar ook in die aard van die mens. Nog begrafnisse volg. En begrafnis na begrafnis rafel dié reis uit. Boeke, begrafnismat, ’n gym-sak Maar terug by my gevlieëry. So leer ’n mens met die gependel ook die kultuur van Uber-bestuurders, en wat om in ’n Uber-motor te verwag. In die Kaap is daar byvoorbeeld ’n neiging om begrafnismat te gebruik as voetmatjies. In Johannesburg het ek dit nog nie gesien nie. Die kattebakke wys soms iets van die persoonlikheid van die bestuurder. Ek het al ’n gym-sak of twee gewaar, ’n sakkie inkopies, ’n beursie en soms ’n handdoek oor die oppervlak om te keer teen die reën. Soms is daar in die kattebak ’n groot kan water, dan wonder ek of die kar dalk soms oorverhit. Soms ’n warmhouer van die bestuurders wat ook Uber Eats aflewer. Maar nou die dag maak ek die kattebak van nog ’n Uber oop en daar lê ’n stapel boeke. Dit is nuut vir ’n Uber. Dit is anders. Vreemd. Ek klim in, gordel my vas en vra vir Audience, die bestuurder: “Wat maak jy met die boeke?” “I read them,” sê Audience. Natuurlik. Wat anders maak ’n mens met boeke? Hy vertel my dat hy soggens om 4:00 begin werk, maar gewoonlik kom die eerste versoek vir ’n geleentheid eers so om 5:00 deur. “Every morning between 4:10 and 5:00, I read.” Ek beny hom onmiddellik ’n uur se leestyd per dag. Ons is skaars twee verkeersligte weg van my huis in Johannesburg, en ek en Audience is dit reeds eens dat die wêreld ’n beter plek sou wees as meer mense gelees het. “Reading and making war… They don’t go together,” sê Audience. Maar, wys hy uit, daar is nie genoeg van ons in die wêreld wat lees nie. Ons is maar ’n handjievol teen die oormag nie-lesers. So, die oorloë sal seker maar aangaan. Abjater wat so lag Op die vliegtuig lees ek my halfpad deur Wilma Stockenström se Abjater wat so lag totdat ons tussen die wolke begin afskud Kaapstad toe. In Abjater is die hoofkarakter se reis weer dié van ’n versorger van siekes – en dus soms die een wat ver op die pad langs saamreis wanneer daardie sieke die laaste stukkie pad moet stap hiernamaals toe. En soms daar verby, as ’n afwesige toeskouer: “Met ’n blik op die straat wat na die begraafplaas gaan, so het ek my stoel getrek en ek volg die dode met my oë na sy laaste seremonie en sy troubelofte aan die donkerte en onthou hoe sy mond oopgeval het voor die wonder van die vreemde. Maar hoekom was hy so verbaas?” Elke reis het natuurlik ’n einde. Aan die Kaapse kant is die laaste stukkie van my tog saam met nóg ’n Uber-bestuurder. Hierdie keer is dit ’n ouer man met die naam Mishack. Hy vra van waar ek pas aangeland het, en of hierdie kant huis is of daai kant. Vir ’n oomblik weet ek nie wat om te antwoord nie. So, ek antwoord toe maar eerlik: Met die gependel is ek nie meer aldag seker waar huis is nie. Hy lag. Ek lag maar saam, al is dit ’n ernstige saak. “I guess I have to carry ‘home’ around inside me,” sê ek. “A bit like a tortoise would carry his on his back.” Mishack lag weer. “You should become a writer,” sê hy. “You should write a book one day.” Ek lag maar weer. En hy lag saam. Ons ry so kekkel-kekkel by die lughawe uit. “Huis” toe.

  • Letter from the editors – 8 April 2022: When quantity trumps quality

    [ORIGINALLY PRINTED IN SUIDERNUUS, 8 APRIL 2022] Our modern age, through its obsession with utility, has come to place undue emphasis on quantity. How do we mean? Well, when one takes a quantitative approach to life, it essentially means you think statistically. You break down things in units, say of production, or labour or costs. A qualitative approach focuses on skills, ability, craftsmanship; that is, the value of personal contribution. It has a place for merit and it values the individual. The quantitative approach, on the other hand, has no value for the individual. It is one that focuses on averages and numbers; its values are quantifiable and based on numerical outcomes. It’s all fine and well. Quantification has its place. The problem in when this approach is pitched as a panacea for all areas of life and is used to forge ‘social solutions’ that it is presumed will be of benefit to ‘most’. It slots in with the bureaucratisation of life, which we moaned about in our editors’ letter of 11 February 2022. The link is this: to quantify and bureaucratise things (or people) is to depersonalise them. One sees it in the way many jobs now fulfil such an insignificant portion of an entire process that the person who does the work may as well be a machine. Think of a seamstress tasked with sewing only the cuffs on the left sleeves of shirts in a clothing production line. In our modern times such humdrum tasks are now exemplified in the services sector: think of the guy who packs goods in an Amazon store, or the chap who brings your Uber Eats. The economist will tell you this is alright. The guy has a job. This exemplifies the quantitative approach, because no one gives a fig if the Uber Eats guy finds meaning in his job. The danger with a society that upholds no other value than quantity is that this approach indeed starts seeping into other areas of life. In this manner, the quantitative approach has come to dominate our political discourse. Quotas, affirmative action, political correctness and other social engineering phenomena reflect the quantitative approach to life. It is an approach deployed to solve social dilemmas by quantitative means. And no, it is not a South Africa-specific phenomenon. It is the language that has come to dominate the speech of the political elite across the globe. In the political arena the quantitative approach presumes to improve social dynamics by quantitative means and thereby keep the masses relatively peaceful. (Even the notion of hard-attained democratic rights seems a pyrrhic victory in a system ruled by the quantitative approach, as it evaluates the population by proportion, if you think about it.) As one can intuit, such an approach does not care an iota about the individual and fosters an attitude that sees everything, and ultimately people, as numbers. To favour quantity over quality is a mechanical attitude that presumes humans, animals, plants, even the world, function like robots and we are all cogs in a machine. But we aren’t robots! We are humans! Humans have an innate craving for meaning. That is, to go through a cycle of experience and complete something. We find satisfaction in seeing something through to its conclusion in a manner that invites our meaningful participation. That is, after all, an emulation of the cycle of life which each of us has to go through. But think of the example of the seamstress who sews cuffs on the left sleeve of a shirt: under her eye the long row of left sleeves getting cuffs never completes anything. So be circumspect about the allure of quantification. Lest we disappear altogether into the faceless, number-crazed future. Lest we utterly lose our humanness. Best wishes, The editors

  • Discovering the in-between: the hidden network of the Agulhas Plain leopard corridors

    [ORIGINALLY PRINTED IN SUIDERNUUS, 8 APRIL 2022] A sliver of undeveloped land outside Bredasdorp may hold the key to the survival of a small leap of leopards that roam the Agulhas Plain. It is an invisible drama that plays out mostly at night, unbeknownst to most of us. Anri Matthee spoke to conservationist Bool Smuts about the critical importance of preserving leopard corridors. A male leopard on the mountains between Bredasdorp and Napier. A sliver of undeveloped land outside Bredasdorp holds the key to the survival of a small leap of leopards that roam the Agulhas Plain. Photo: Supplied/Landmark Foundation Leopards are the last widely occurring free-roaming apex predators in the country. And the Overberg is home to one of these last remaining prides, according to the Landmark Foundation, an NGO focusing on leopard and predator conservation in Southern Africa. “We’ve got leopards right up there above Bredasdorp in the mountains,” says Bool Smuts. “They do occur there. That’s been known for many years.” But in order to protect the dwindling leopard populations, their freedom of movement and habitat accessibility are critical. Smuts is the director of the Landmark Foundation, which studied the movements of leopards in an area stretching from Cape Infanta to the Bot River lagoon. Corridors – the leopards’ lifeline Leopards navigate between different populations through passages of natural landscape – called corridors – that connect their habitats in a similar way that roads connect cities and towns. Around Bredasdorp, however, these strips of natural land are few and far between in a landscape that has been “utterly transformed” by agricultural and urban activity, explains Smuts. “Leopards do not set foot in transformed landscapes, so they rely on these connectivity corridors through natural landscapes.” One such corridor is found along the coast between Arniston and Struisbaai, especially including the Heuningnes River in De Mond Nature Reserve. The natural landscape of the coastal belt is mostly intact, which enables the area to act as an important connectivity corridor to the Nuwejaarsrivier wetland area and the broader Agulhas Plain. Finding the facts Because of this corridor and surrounding leopard sightings, there was a need to establish the scope of leopard activity on the Agulhas Plain. From 2011 to 2015 the Landmark Foundation conducted research with wildlife cameras to capture leopard activity and collect data across the entire Agulhas Plain. The remaining leopard population they discovered was “extremely low”, says Smuts – fewer than 20 territorial adult leopards roam the terrain from Kleinmond to Infanta. Leopard cubs are few and have a survival rate of only 25%. The area of study also included Bredasdorp and its surrounding mountains. Leopard activity was found on either side of the town – in Heuningberg Nature Reserve on the west, and in the mountains of the Air Force Base Overberg in the east, which eventually form De Hoop Nature Reserve. As the town is situated between these two areas, the researchers started looking for potential connectivity corridors that would allow leopards to navigate between them. Bredasdorp is nestled between the Heuningberg Nature Reserve in the west and the mountains of the Air Force Base Overberg on the east that eventually form De Hoop Nature Reserve. Besides the coastal belt corridor, the small strip of natural landscape south of the town is one of the only possible corridors that connects two leopard populations. Graphic: Anri Matthee using Google Earth On our doorstep South of the town, behind the Bredasdorp Golf Club, runs a small strip of wilderness that is one of the few remaining natural landscapes in the area. This sliver of land could very well be a critical connectivity corridor, says Smuts. “Unfortunately, our cameras got stolen near Bredasdorp, so we never verified whether that corridor is used,” he said. “But on scientific analysis, that is a very, very important last remaining opportunity for connectivity between the De Hoop leopard population and the Napier-Bredasdorp mountain population.” A matter of survival Considering the low population numbers, this potential corridor could “probably [be] the most important” since it – along with the coastal belt corridor – are the only possibilities for contact between local leopard populations, as well as other populations to the north and northeast. This connection between different leopard populations is necessary for the genetic variation of the species. The isolation of leopard populations leads to “genetic bottlenecking” and negatively impacts the reproduction of natural populations. This has disastrous implications for their survival. “These last slivers of land are critically important for the persistence of the species,” Smuts says. “They are the last tiny little slivers of opportunity and are really the last chance for the species in the area.”

bottom of page